top of page

kripto-Ponzi-skema Mirror Trading International (MTI),

‘Regterhand’ van Ponzi-man koop glo huise met bitcoin-geld | Netwerk24

Jana Breytenbach

4 - 5 minute


Clayton Marks, die man wat beskou word as die “regterhand” van Johann Steynberg, baasbrein van die kripto-Ponzi-skema Mirror Trading International (MTI), blyk nou ook in die moeilikheid te wees nadat hy glo twee eiendomme met MTI se “geld” gekoop het.


Marks en sy vrou, Cheri, het sedert die begin van MTI saam met Steynberg gewerk.

Steynberg het in Desember 2020 na Brasilië gevlug toe die bedrywighede rondom MTI op die lappe gekom en beleggers gesukkel het om hul terugbetalings te kry.


Vroeër vanjaar het plaaslike en internasionale howe bevele teen Steynberg uitgereik.


Hy is in Julie 2021 finaal gesekwestreer in die hooggeregshof in Polokwane.

Die hooggeregshof in Kaapstad het MTI verlede maand tot ’n onwettige Ponzi-skema verklaar nadat hy reeds in 2020 voorlopig gelikwideer is.


Waarnemende regter Alma de Wet het bevind al die ooreenkomste tussen MTI en sy beleggers was onwettig.


Sy het egter nie bevind dat die maatskappy van meet af aan insolvent was nie.

Likwidateurs het in 2021 begin met ’n ondersoek om uit te vind waar die geld is sodat beleggers terugbetaal kan word. Die likwidateurs het die hooggeregshof in Kaapstad gevra om MTI tot onwettige onderneming te verklaar.


Voormalige werknemers van MTI, soos Marks en Henry Honiball, het die aansoek teengestaan en aangevoer MTI skuld ook aan hulle geld en dat hulle ook slagoffers van Steynberg is. Hul aansoeke is van die hand gewys.

De Wet se uitspraak het gevolg nadat ’n distrikshof in Texas twee dae tevore gelas het dat MTI nagenoeg $3,4 miljard moet opdok. Die helfte hiervan is vir restitusie aan beleggers en die ander helfte is ’n boete. Dié uitspraak geld egter net Amerikaanse beleggers.


Daarna het die likwidateurs 17 mense, onder wie Steynberg en sy vrou, Marks en sy vrou asook Andrew Caw in hul persoonlike hoedanigheid in die hooggeregshof in Pretoria gedagvaar in ’n poging om nagenoeg R4 miljard te verhaal.

Marks is vir R58 528 749 gedagvaar en Caw vir R2 385 249,71.


Luidens die jongste hofstukke, waar adv. Vaughn Victor ’n beëdigde verklaring ingedien het, probeer die likwidateurs om twee eiendomme, wat glo deur Marks en Caw gekoop is, terug te kry.


Victor is deur die likwidateurs aangestel om ’n forensiese ondersoek na MTI se Maxtra-data te doen.


Victor is ’n gekwalifiseerde forensiese ontleder en lid van verskeie nasionale en internasionale forensiese verenigings. Hy is ook ’n gesertifiseerde bitcoin-vakman.

Die likwidateurs het al die nodige Maxtra-data aan hom verskaf en hy is spesifiek gevra om Marks en Caw se bedrywighede tussen Junie en September 2020 te ondersoek.


Volgens Victor se verklaring het hy gevind dat daar aansienlike hoeveelhede bitcoin van MTI na Marks se “beursies” oorgeplaas is, waarna Marks dit na “beursies van Caw oorgeplaas het om sodoende die koop van twee eiendomme te bewerkstellig en die eiendomme in ’n maatskappy met die naam Uprobuzz te registreer”.


Uprobuzz is glo deur Marks geregistreer.

Luidens die hofstukke blyk dit dat meer as 1 100 bitcoin van MTI af na Marks se beursies oorgeplaas is.


Dit was glo nadat Marks geen geld in bitcoin belê het nie.

Die eerste eiendom is in Durban-Noord gekoop vir R11,5 miljoen en oordragkoste van R1,4 miljoen is deur Caw betaal nadat hy glo die bitcoin vir geld verruil het.

Die eiendom is in Uprobuzz se naam geregistreer.


Die tweede eiendom is ’n plaas, Cotton Lands, by Pietermaritzburg, wat vir R7 950 000 gekoop is. Terselfdertyd is ’n Jeep-voertuig vir R1,7 miljoen gekoop.

Luidens Victor se verklaring het hy spesifiek gaan kyk hoe die geld van MTI af na Marks en toe na Caw oorgeplaas is.


Hy het bevind dat Marks die bitcoin wederregtelik toegeëien het, in ander woorde “hy het bitcoin van MTI gesteel”, lui sy verklaring.


“Marks het hierdie bitcoin vir ‘geld’ verruil en gebruik om twee eiendomme vir hom en sy familie te koop. Hy het die aankope weggesteek deur die eiendomme in Uprobuzz se naam te registreer.”


Gegrond daarop het die likwidateurs ’n aansoek om likwidasie teen Uprobuzz ingedien in ’n poging om beheer van die eiendomme te kry en sodoende skuldeisers van MTI te kan terugbetaal.


Featured Posts
Check back soon
Once posts are published, you’ll see them here.
Recent Posts
Archive
Search By Tags
Follow Us
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square
Glass Buildings

CONTACT
LIQUIDATION EXPERTS

 

OUR ADDRESS

A2, 43 Estcourt Ave, Wierdapark, Centurion, Gauteng

Vista Law Chambers. 410 Vista Drive, Faerie Glen, Pretoria

 Tshwane, Gauteng.  https://vistalawchambers.co.za/

Email: info@liquidationexperts.co.za

Tel: 087 153 5659
Fax: 086-516 5380

https://www.facebook.com/www.liquidationexperts.co.za

Office Cape Town: Business Hub, Alfred Chambers, 2nd Floor,
Cape Town Cruise Terminal,
V&A Waterfront,
Cape Town,
8001

Office Durban: 4A Glendale Avenue, Westville, Durban, Gauteng, 3629

USA

2055 Limestone Road
Wilmington
Delaware
United States

For any general inquiries, please fill in the contact form:

  • Instagram
  • Facebook
  • Twitter
  • LinkedIn
  • YouTube
  • TikTok
bottom of page